Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Comune di Merano • Stadtgemeinde Meran Maran | |
---|---|
Stad | |
Merano / Meran met die kasteel Brunnenburg | |
Koördinate: 46°40′00″N 11°10′00″O / 46.66667°N 11.16667°O | |
Land | Italië |
Streek | Trentino-Suid-Tirol |
Provinsie | Bolzano-Suid-Tirol |
Laat-Romeinse nedersetting | 5de of 6de eeu n.C. |
Regering | |
• Burgemeester | Paul Rösch (Verdi Grüne Vërc) |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,3 km2 (10,17 vk. myl) |
Hoogte | 325 m (1 066 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 40 832 |
• Digtheid | 1 550,2/km2 (4 015/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
• Somertyd | UTC+2 (MEST) |
Poskode | 39012 |
Skakelkodes | 0473 |
Webwerf | comune.merano.bz.it |
Merano [meˈrano] (Duits: Meran [meˈraˑn], Ladinies: Maran) is die tweede grootste stedelike nedersetting - naas die hoofstad Bolzano/Bozen - in die Noord-Italiaanse provinsie Bolzano-Suid-Tirol, geleë by die samevloeiing van die Etsch- en Passer-riviere. Die bevolking, wat op 31 Oktober 2018 op 40 832 beraam is, is in gelyke dele Duits- en Italiaanssprekend. Merano is aan die suidekant van die Alpe in 'n breë vallei geleë wat deur die rivier Etsch (Italiaans: Adige) gevorm is. Die Alpynse karakter van die omliggende landskap kontrasteer met die baie gematigde klimaat in die vallei waar die lente vroeër aanbreek as in ander dele van Suid-Tirol. Die streek is een van die grootste appelprodusente in Europa, en so oorheers appelbome met wit en ligroos bloeisels die landskap in die lente.
Merano, wat sedert die middel van die 19de eeu as hersteloord bekendheid verwerf het, het eeue lank as hoofstad van die graafskap Tirol gedien. In die historiese middestad het 'n groot verskeidenheid geboue uit die Middeleeue en die Belle Époque-tydperk bewaar gebly. Merano se Russies-Ortodokse kerk en geboue soos die Villa Moskau getuig van die stad se gewildheid by Europese adellikes in die vroeë 20ste eeu.